Menu Close
icon2

Die enigste landboupraktyk wat op Rouxpos bedryf word is skaapboerdery – Ons boer met Dormer skape. Hierdie ras is ontwikkel spesifiek vir toestande in die Wes-Kaap. Alhoewel die Dormer ń dubbeldoel skaap is, word dit hoofsaaklik vir vleisproduksie aangewend. Die Dormer is baie goed aangepas vir die styl van boerdery wat ons handhaaf – ‘n rustige, stresvrye omgewing waarin die skape met liefde, respek en menslikheid hanteer word. Ons boer op ń baie klein skaal. Die skape word aangehou op aangeplante, besproeide weidings aangesien die drakrag van die veld te laag is en ons dit ten alle koste eerder wil beskerm. Die natuurlike veld en wild word formeel beskerm tesame met ń rehabilitasie plan vir groot gedeeltes van die plaas. Bewaring van die natuur, sowel as gelukkige skape is ons filosofie hier op Rouxpos.